Skool Geskiedenis / School History
DR. P.H. KOTZE
1949 - 1952
MNR. W.J. BREEDT
1952 - 1956
MNR. C. MOLL
1958 - 1968
MNR. C.J.L. COETZEE
1969 - 1987
MNR. W.A. BRITS
1988 - 1996
MNR. F. RUST
1997 - 2018
Skoolgeskiedenis
School History
Gedurende die vroeë 1900 het verskeie delergesinne na die Orkney-omgewing getrek om hul geluk op die goudmyne te gaan soek. Die leerders wat deel van die gemeenskap uitgemaak het, het genoodsaak dat skole geopen moes word om onderrig te gee. Die eerste skool in die Orkney-omgewing was die Goedgenoeg Government School en is in 19033 op die plaas Goedgenoeg geopen. DIeskool is aanvanklik met slegs 43 leerlinge begin en Mnr. P. Kat was die skoolhoof en onderwyser.
Die skool was eers in 'n tent gehuisves, maar 'n stormsterk wind in 1903 en weer in 1904, het die skooltent weggewaai. Hierna is besluit om 'n kamer by Mnr. P.J. Jacobs van die plaas Goedgenoeg te huur en die skool daar in the rig.
Ten spyte van vervoerprobleme, het die skool stadig maar seker gegroei. Hierdie vervoerprobleme sou later deur die spoorlyn opgelos word. In 'n stadium is daar oorweeg om die skool na Jachtspruit the skuif, maar pogings het egter misluk. In 1913 verskuif die skool na Eastleigh.
'n Skoolgebou is opgerig en later is daar nog 'n klaskamer aangebou. In 1914 het heelwat leerders die skool verlaat weens 'n insinking van die diamantbedryf. Ten spyte van die terugslae bly die skool voortbestaan en word dit die trots van die omgewing.
Na 1936 het die skool geweldig uitgebrei en op 7 Desember 1949 verskuif die skool na Orkney waar dit bekend staan as die Orkney Parallelmediumskool. Die volgende skole het uit die skool ontstaan:
- Laerskool Orkney (oorspronklike skool)
- Western Reefs Primary (Julie 1954)
- Laerskool Noordvaal (30 Januarie 1961)
During the early 1900s several mining families moved to the Orkney area to seek their fortune on the gold mines. The learners who were part of the community required schools to be opened to teach. The first school in the Orkney area was the Goedgenoeg Government School and was opened in 1903 on the Goedgenoeg farm. THe school was initially started with only 43 pupils and Mr. P. Kat was the principal and teacher.
The school was first housed in a tent, but a gale force wind in 1903 and again in 1904, caused the school tent to blew away. After that it was decided to rent a room from Mr. P.J. Jacobs from the farm Goedgenoeg and set up the school there.
Despite transportation problems, the school grew slowly but surely. These transport problems would later be solved by the railway. At one stage it was considered moving the school to Jachtspruit, but attempts were unsuccessful. In 1913 the school moved to Eastleigh.
A school building was later constructed and later another classroom was built. In 1914 many learners left school due to a slump in the diamond industry. Despite the setbacks, the school continues to exist and becomes the pride of the environment.
After 1936 the school expanded enormously and on December 7, 1949 the school moved to Orkney where it was known as the Orkney Parallel Medium School. The following schools originated from this school:
- Orkney Primary School (original school)
- Western Reefs Primary (July 1954)
- Noorvaal Primary School (30 January 1961)